FOWLER Thomas Alcock, 1791-1833 -Deel IV

Sien lys van inskrywings oor Thomas Alcock FOWLER hier.

TRIVIA

  • Blykbaar het William, die kroonprins van Engeland, via sy ouma, Koningin Elizabeth II, ook ‘n Thomas ALCOCK in sy kwartierstaat – 11 generasies terug!
  • Of hierdie “koninklike” Thomas ALCOCK op enige manier verwant is aan Thomas ALCOCK van Dunlavin – ons stamvader se oupa aan moederskant – is in hierdie stadium onbekend.
  • Vermaaklikheidshalwe plaas ek die koninklike ALCOCK-voorouerlyn hieronder – sien hier vir Prins William se volledige kwartierstaat.

William Arthur Philip Louis WINDSOR, Prince of Great Britain and Northern Ireland
Charles Philip Arthur George WINDSOR, Prince of Wales
Elizabeth II, Queen of England
Elizabeth Angela Marguerite (Lady) BOWES-LYON, Queen Mother
Claude George BOWES-LYON, 14th Earl of Strathmore and Kinghorn
sy ma Frances Dora SMITH, 1832-1922
haar ma Henrietta Mildred HODGSON, 1805-1891
haar pa Robert (The Very Reverend) HODGSON, Dean of Carlisle, c.1774-1844
sy pa Robert (of Congleton) HODGSON, c.1740-c.1808
sy ma Elizabeth ALCOCK,  c.1710?-1806
haar pa Thomas (of Stamford Baron) ALCOCK, inn-keeper, c.1685?-?

NOG ‘n STUKKIE VAN DIE LEGKAART

Ek het onlangs eers uitgevind wie ons stamvader Thomas Alcock FOWLER se ouers was en het reeds hier daaroor berig.

‘n Week of drie gelede het ek inligting gevind op die webwerf van die Genealogiese Vereniging van SA wat die bestaande gegewens omtrent Thomas Alcock FOWLER se ouers bevestig en sommer nog ‘n paar ander stukkies van die legkaart ook voltooi.

Daarna het ek op die internet ‘n hele doktorale proefskrif oor die geskiedenis van Dunlavin ontdek!!

Hierdie proefskrif gee sommer baie inligting oor die geskiedenis van Dunlavin en vermeld ook AL die Protestantse dope in die gemeente daar vanaf 1698-1800.

Volgens die Dunlavin Church of Ireland doopregister is  Richard FOWLER nie in Dunlavin gedoop (of dus gebore) nie.

Meer nog: Thomas Alcock FOWLER en sy sibbe was die enigste FOWLERs wat in die Protestantse Church of Ireland-gemeente in Dunlavin gedoop is in die periode 1698-1800.

Daar kan dus nou met ‘n redelike mate van sekerheid gesē word dat Richard FOWLER nie van Dunlavin afkomstig is nie maar wel daar opge-eindig het deur sy huwelik met Abigail ALCOCK. Laasgenoemde is wel daar gedoop.

Hopelik sal ons op die ou end kan vasstel waar die FOWLERs oorspronklik vandaan gekom het.

Op grond van beskikbare gegewens is ek redelik seker daarvan dat hulle nie inheemse Iere was nie.

Market House, Dunlavin. Built in 1743. Designed by Richard Cassels. Now_used as a library.

DIE FEITE TOT DUSVER

  • Thomas Alcock FOWLER se ouers was Richard FOWLER en Abigail ALCOCK. [1] Sien ook vorige inskrywing.
  • Abigail ALCOCK word op 27 November 1775 in Dunlavin gedoop. [2]
  • Richard FOWLER se geboorteplek en -datum is nog onbekend. As Richard ongeveer 20 jaar oud was ten tye van sy huwelik in circa 1790 dan is hy waarskynlik in circa 1770 gebore.
  • Richard en Abigail se presiese huweliksdatum in 1790 is onbekend maar op 13 November 1790 te Dunlavin, Wicklow, word daar ‘n marriage settlement agreement (huweliksakte) aangegaan tussen Richard FOWLER en Abigail ALCOCK waarvolgens Abigail se pa, Thomas ALCOCK, sekere eiendomme te Dunlavin aan sy skoonseun Richard FOWLER oordra. [1]
  • Op 24 November 1791 word ons stamvader Thomas Alcock FOWLER gedoop in die Church of Ireland, Dunlavin, Wicklow, [1] [2].
  • In 1813 trou Thomas Alcock FOWLER met Jane MATHERS. Op 20 Mei 1813 word daar ‘n huweliksakte aangegaan tussen Thomas en Jane, dogter van William MATHERS van Milltown, Dunlavin, Wicklow. [1]
  • Volgens bognoemde akte is Richard FOWLER teen Mei 1813 reeds oorlede aangesien sy vrou, Abigail, nou beskryf word as: “Abigail DIXON alias FOWLER, which Abigail is mother of the said Thomas FOWLER and surviving executrix of Richard FOWLER, late of Dunlavin County Wicklow” [1]
  • Thomas vertrek in 1820, sewe jaar na sy huwelik met Jane MATHERS, na Suid-Afrika.
  • Dit is onbekend wanneer Jane MATHERS oorlede is. Dit is daarom ook onbekend of Thomas Alcock FOWLER homself – wetend of onwetend – aan bigamie skuldig gemaak het toe hy in 1827 te George getroud is met Geertruyda Elizabeth LAMPRECHT. [1]
  • Terwyl Thomas in sy 1833-testament in Suid-Afrika melding maak van vyf kinders wat hy in Ierland agtergelaat – drie seuns en twee dogters – kon daar dusver slegs gegewens opgespoor word oor die drie seuns wat uit Thomas en Jane MATHERS se huwelik gebore is [1]:
  1. Richard FOWLER, gedoop Dunlavin 19 Augustus 1814
  2. William Matthew FOWLER, gebore 3 Junie 1818 en gedoop Dunlavin 14 Junie 1818
  3. Thomas FOWLER, gebore 7 April 1820 en gedoop Dunlavin 23 April 1820
  • Die jongste seun, Thomas, word gebore ongeveer twee maande nadat sy pa op 12 Februarie 1820 reeds vertrek het na Suid-Afrika.

‘n Mens wonder of daar enige kommunikasie was tussen Thomas en sy gesin in Ierland tydens sy verblyf in Suid-Afrika.

CAPTAIN FOWLER

In 1798 kom die Iere in opstand teen die Engelse koning en sy regering, wat ook in beheer was van Ierland. Hierdie opstand staan later bekend as die 1798 Ierse Rebellie.

Die Protestante in Ierland was meestal koningsgesind en het volgens sommige bronne redelik hardhandig ‘n einde gemaak aan die 1798 Ierse Rebellie.

Tydens die 1798 Ierse Rebellie verwerf Richard FOWLER klaarblyklik ‘n mate van berugtheid en het die Iere selfs ‘n (redelik onvleiende!) liedjie oor hom geskryf getiteld Captain Fowler. Sien hieronder vir ‘n afskrif van die liedjie wat ek op die National Library of Scotland se webwerf gevind het.

Captain Fowler word as volg opgesom deur die volkskundiges by die California State University, Fresno [CSUF] in hul navorsingsprojek omtrent volksliedjies: [3]

Orangeman Captain Dick Fowler arrives in hell. Fowler says that if a croppy brings him water he will “own to him I’ve done great wrong.” Beelzebub explains that no croppy can help him: “it was for Freedom those boys fell And heaven is their station” [Croppy = Ierse rebel]

In ‘n boek getiteld The Age of Revolution: 1776 to 1815 in the Irish Song Tradition [Terry Moylan; Lilliput Press; 2001] gee Moylan blykbaar die volgende verduideliking by sy inskrywing oor Captain Fowler:

“Richard Fowler was a distiller living in Dunlavin, who in November 1797 had been condemned in the Union Star as ‘a notorious informer and one of those principled murderers, orangemen’.”

Die navorsers by die CSUF sê verder: [3]

Moylan lists other “activities” contributing to Fowler’s reputation.

Ek kon nog nie Moylan se boek in die hande kry nie maar dit sal bitter interessant wees om uit te vind wat hierdie  “other activities” en “reputation” van Richard FOWLER was! Ek het ook opgemerk dat Moylan se  aanhaling uit die Union Star effens verskil van dieselfde aanhaling soos per die vorige inskrywing:

FOWLER, a distiller of Dunlavin, a notorious informer and one of those privileged murderous Orangemen v. ‘a notorious informer and one of those principled murderers, orangemen

Watter beskrywing is nou die korrekte een? Hierdie vraag sal – saam met die ander raaisels en vrae – moet wag tot later!

BRONNE

  1. Sue McKay, “The 1820 Settler Correspondence as preserved in the National Archives, Kew,” database, eGGSA (http://www.eggsa.org/1820-settlers/ : accessed 11 August 2019), Additional Information > F Surnames > FOWLER, Thomas – Extra Data; https://egssa.org/1820-settlers/index.php/additional-information/f-surnames/2268-fowler-thomas-extra-data
  2. Chris Lawlor, The establishment and evolution of an Irish village: the case of Dunlavin, county Wicklow 1600 -1910. PhD thesis. (Dublin: DORAS -Dublin City University Online Research Access Service, November 2010), Vol. 2 of 2. Appendix Two. Protestant Baptisms in Dunlavin 1698-1801, p.486; http://doras.dcu.ie/22523/
  3. Robert B. Waltz and David G. Engle; California State University, Fresno, The Traditional Ballad Index: An Annotated Bibliography of the Folk Songs of the English-Speaking World. Version 4.5 (http://www.csufresno.edu/folklore/ : accessed 2 September 2019), The Traditional Ballad Index Version 4.5 > Captain Fowler; http://www.fresnostate.edu/folklore/ballads/Moyl039.html; http://www.csufresno.edu/folklore/BalladIndexTOC.html

FOWLER Thomas Alcock, 1791-1833 -Deel III

Vir opgedateerde gegewens en meer inligting, sien lys van inskrywings oor Thomas Alcock FOWLER hier.

Ek het al dikwels gewonder of ek ooit iets meer te wete sal kom omtrent die stamvader Thomas Alcock FOWLER se voorgeslagte. Gister het ek egter onverwags afgekom op inligting wat sommer heelwat lig op Thomas Alcock FOWLER se ouers en grootouers aan moederskant werp.

Ek plaas die inligting min of meer soos ek dit gister op die webwerf familysearch.org gevind het, met my eie opmerkings tussen-in.

RICHARD FOWLER

Vader van Thomas Alcock FOWLER

As shown on the TV program: “Who Do You Think You Are” for Emma Willis, Series 14, Episode 5 of 10, BBC One, Thursday 3 August 2017.

  • Richard FOWLER received 43 acres, 1 rod and 8 perches part of the lands of Boherboy commonly called Boggy Meadows in Dunlavin, County Wicklow, Ireland from his father-in-law as part of a marriage settlement.
    Source:
    13 November 1790 Marriage Settlement between
    Richard FOWLER of Prospect, County Wicklow, Ireland and
    Abigail ALCOCK daughter of Thomas ALCOCK of Dunlavin, County Wicklow, Ireland.
Thomas Alcock FOWLER het in sy testament melding maak van eiedomme in Dunlavin, Wicklow, waarin hy ‘n belang gehad het naamlik BOGGY MEADOWS en BREWER’s HILL – sien bladsy 1 van sy testament hieronder.
  • Dunlavin, a small country town 40 miles south of Dublin, was a conclave of Protestants in a sea of Catholic towns.
  • In November 1797 Richard FOWLER is written up in the propaganda newspaper “The Union Star”, a paper of the Society of United Irishmen founded in 1791 who wanted to establish an Independent Irish Republic which appealed to many Irish Catholics who wanted self rule.
  • At the time 5,000 Protestant land owners owned all the land in Ireland and the Catholics for the most part worked the land as tenants.
  • Richard FOWLER is accused in this paper as

“FOWLER, a distiller of Dunlavin, a notorious informer and one of those privileged murderous Orangemen”

(Orangemen = a member of the Orange Order made up of Protestants who wanted Ireland to remain loyal to the King of England).

Toe ek vroeër vanjaar Thomas Alcock FOWLER se lewensverloop probeer uitpluis het, het ek bespiegel dat alhoewel Thomas Alcock FOWLER afkomstig was van die gemeente Dunlavin, distrik Wicklow, Ierland, sy FOWLER-voorsate moontlik nie hul wortels daar gehad het nie omdat FOWLER nie ‘n Ierse van is nie en eerder algemeen voorkom in die noorde van Engeland en die suide van Skotland.
As Richard FOWLER dus aan die Orde van Oranje in Ierland behoort het, was hy ‘n vurige Protestant en amper beslis nie ‘n Ier nie.
  • Another Dublin newspaper called “The Press” (see: https://lccn.loc.gov/2009213473) dated 27 Jan [1798] reported on an incident that occurred in County Wicklow involving a blacksmith, Michael Eagan, and his son. Blacksmiths were suspect because they had the means of creating pikes and other weapons which could be used by the United Irishmen in an uprising.

“On the morning of the 20th of Oct last [1797] Leut. H. of the Antrim militia, Richard Fowler of Dunlavin, and Thomas Butler of County Kildare, between the hours of 1a and 2a, went to the house of Michael Eagan, broke down the door, and desired him and his son Thomas Eagan to come down out of their beds, they were not even allowed to dress themselves, and on the very instant they appeared knocked down & received many desperate stabbs and were then conveyed to the guard-house of Dunlavin, on daring to complain of such treatment they were again knocked down and beaten unmercifully, where they were to swear against the United Irishmen, on solemn declaration of father and son that they had no connection with persons of that connection, where they were again stabbed with bayonets.

After nearly killing the father they dragged the son to a private part of the guard-house and attempted to extract information by every kind of cruelty they could invent. They then left the son and went to the father whom they used in exactly the same manner, & again returning to the son they said that since he would not give them any information they would hang him, promising the same to the father.

About this time a gentleman responding to the shrieks of the relatives of these unfortunate men prevailed upon them to let Thomas Eagan go before he was entirely dead.”

‘n Mens moet onthou dat bogenoemde publikasie ‘n propaganda-blad was vir die Ierse Nasionaliste. Hulle sou dus die Protestante in die slegste moontlike lig wou voorstel. Daar was egter blykbaar ‘n hofsaak na hierdie voorval waartydens Richard FOWLER aangekla is. Wat die klag en die uitkoms van die hofsaak was, weet ek nog nie.
Verder is dit interessant om te let op die deelname van ene Thomas BUTLER aan bogenoemde voorval. Sou dit dieselfde Thomas BUTLER wees saam met wie Thomas Alcock FOWLER na Suid-Afrika kom? Sien hierdie inskrywing vir meer besonderhede.

ABIGAIL ALCOCK

Moeder van Thomas Alcock FOWLER

In die eerste inskrywing oor Thomas Alcock FOWLER op hierdie blog het ek ook bespiegel dat aangesien ALCOCK nie ‘n voornaam is nie maar wel ‘n van, Thomas se ma of een van sy oumas dalk ‘n ALCOCK was.

Dit blyk dan dat hierdie raaiskoot reg was en dat Thomas Alcock FOWLER vernoem is na sy oupa aan moederskant.

THOMAS ALCOCK

  • He owned Boherboy, Boggy Meadow, & Brewer’s Hill besides an Inn in Dunlavin, Wicklow, Ireland.
    Source:
    13 Nov 1790 Marriage Settlement between
    Richard FOWLER of Prospect, County Wicklow, Ireland and
    Abigail ALCOCK daughter of Thomas ALCOCK of Dunlavin, County Wicklow, Ireland.
    As shown on the TV program: “Who Do You Think You Are” for Emma Willis, Series 14, Episode 5 of 10, BBC One, Thursday 3 August 2017.
  • 31 December 1759, Dublin Saint Bridget’s, County Dublin, Ireland:
    His marriage to Mary VALENTINE
    Occupation: Silk weaver
    [Betham’s Genealogical Abstracts p.43 #134. Series description: Genealogical Abstracts, series 5: mainly 17th and 18th centuries. Notebook: Betham’s Genealogical Abstracts Dublin Marr. Lics. A 1660-1800. Source: Marriage Licenses Consistorial Court Dublin. Archive: National Archives of Ireland.]
VALENTINE kan moontlik ‘n korrupsie wees van die familienaam BALLANTYNE.

In een oggend het ek dus heelwat inligting bekom oor Thomas Alcock FOWLER se ouers sowel as sy oupa en ouma aan moederskant.

Hopelik kan ek binnekort berig oor sy grootouers aan vaderskant ook!

JANE MATHERS

Eggenote van Thomas Alcock FOWLER

Laastens kon ek met al die nuwe inligting ‘n verwarring opklaar oor Thomas Alcock FOWLER se ouderdom en geboortejaar en ek kon daarby sy troudatum in Ierland ook bekom.

  • Met aankoms in Suid-Afrika in 1820 word Thomas se ouderdom aangegee as 36 jaar (d.w.s geboortejaar 1784). Sewe jaar later, ten tye van sy huwelik met Geertruyda Elizabeth LAMPRECHT in 1827, word sy ouderdom egter aangegee as 32 (d.w.s. geboortejaar circa 1794).

Aangesien sy ouers op 13 November 1790 getroud is, is Thomas Alcock FOWLER waarskynlik eerder in 1794 gebore.

‘n Moontlike verklaring vir die “verkeerde” ouderdom met aankoms in Suid-Afrika is dat Thomas voorgegee het om die “pa” te wees van ene John MONTGOMERY, 13 jaar oud. Dit is gedoen sodat John MONTGOMERY nie nodig gehad het om die pasaat te betaal nie. Hierdie gebruik was nie ongewoon onder die Setlaars wat na Suid-Afrika gekom het nie.

  • Terwyl Thomas se testament melding maak van ene Jean MADDERS met wie hy in Ierland getroud was, blyk dit uit rekords van die Diocese of Dublin, Leinster, Ireland dat Thomas in 1813 getroud is met Jane MATHERS.

‘n Mens moet onthou dat gestandardiseerde spelling van name en vanne in die vroeë 1800’s nog nie algemeen was nie. Inkorrekte spellings van name en vanne was dus baie algemeen.

Voorlopige inligting dui daarop dat Jane MATHERS se pa Thomas MATHERS was, ook ‘n sy-wewer (silk weaver) soos Thomas se oupa, en dat Thomas MATHERS in 1834 in Dublin oorlede is.