FOWLER Geertruyda Elizabeth, 1828-1892

In 1827 trou die stamvader Thomas Alcock FOWLER, van Ierland te George, Kaapprovinsie, met die 16-jarige Geertruyda Elizabeth LAMPRECHT van Outeniqualand. Uit hierdie huwelik is twee kinders gebore – Geertruida Elizabeth FOWLER en Johan Christiaan FOWLER. Beide van hulle sou in later jare sterf as burgers van die onafhanklike Boere-Republiek van die Oranje Vrystaat.

Hierdie inskrywing bevat ‘n opsomming van Geertruyda Elizabeth FOWLER se lewensverloop.

LEWENSKETS

  • Geertruida is gebore in die Outeniqualand-distrik op 9 Augustus 1829 en is op 14 Februarie 1829 gedoop in die Nederduits Gereformeerde Kerk te George op 14 Februarie 1829. Die 1825-1855 doopregisters vir die NGK George is tans nog nie aanlyn beskikbaar nie en dus is oom Hennie se navorsing tans my enigste bron vir die doopdatums van Geertruyda en Thomas FOWLER se twee kinders.
  • In 1833, voordat sy vier jaar oud was, is Geertruida se pa oorlede – sien inskrywing oor Thomas Alcock FOWLER. In 1841, toe Geertruida ongeveer 12 jaar oud is, hertrou haar ma met ene John BRANKEN. BRANKEN is egter slegs ‘n jaar na sy huwelik met Geertruyda ook oorlede, volgens sy sterfkennis  at the place Moeras Fonteyn of John Lamprechts  –  sien inskrywing oor Geertruyda Elizabeth LAMPRECHT.
  • Ten tye van BRANKEN se dood is die gesin dus nog woonagtig in die destydse Outeniqualand-distrik maar vier jaar later, in 1845, trou Geertruida Elizabeth FOWLER te Colesberg met Hendrik VAN ASWEGEN en ‘n jaar later trou haar ma ook vir ‘n derde maal en hierdie huwelik [met Johannes Hendrik BOSHOF] vind ook plaas te Colesberg .
  • Lede van die LAMPRECHT-FOWLER gesin moes dus in die periode tussen BRANKEN se dood in 1842 en Geertruida se huwelik met VAN ASWEGEN te Colesberg in 1845, aangesluit het by die duisende ander Kaapse burghers wat vanaf 1834-1854 weggetrek het uit die Brits-beheerde Kaapse Kolonie in ‘n migrasie-beweging wat later sou bekendstaan as Die Groot Trek.
Die Groot Trek, wat in 1834 begin het en eers 20 jaar later met die ondertekening van die Bloemfontein- konvensie afgerond is, was ‘n ordelike emigrasie van sowat 10 000 Afrikaner-grensboere uit ʼn toestand wat vir hulle ondraaglik geword het.
Hulle was ontevrede oor die Britse beleid aan die Oos-grens van die Kaapkolonie en oor die behandeling wat hulle van die Britse owerheid ontvang het.
In die opsig was die Groot Trek dus ʼn vreedsame rebellie en die begin van die Afrikaner se nasiewording. Hoewel die Groot Trek in sommige van sy doelwitte gefaal het, was dit ‘n gebeurtenis van deurslaggewende belang in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Wikipedia: Groot Trek
  • Die meerderjarigheidsouderdom in Suid-Afrika was destyds 21. Ten tye van haar huwelik was Geertruida 17 jaar oud en dus sou sy as minderjarige ‘n ouer of voog se toestemming nodig gehad om te kon trou. Interessant genoeg is die persoon met wie se toestemming Geertruida trou ene “Thomas Alcock FOWLER”. Maar haar pa was toe reeds baie lankal oorlede. ‘n Mens kan net bespiegel oor wie die persoon was wat homself voorgedoen het as “Thomas Alcock FOWLER” en waarom hierdie verduistering nodig was.
  • Hendrik VAN ASWEGEN se beroep word tydens sy huwelik met Geertruida aangegee as “Veeboer” en hul woonplek as “Slykspruit”. Die Slykspruitstroom is een van die spruite wat die huidige Gariepdam [vroeër bekend as die Hendrik Verwoerddam] voed. Dit is nie bekend presies waar aan die Slykspruit Hendrik en Geertruida gewoon het nie maar vermoedelik woon hulle ten tye van hul huwelik reeds ‘n ent noord van die Oranjerivier.
  • Daar is tans geen 1827 doopregisters aanlyn beskikbaar vir die Colesberg NGK nie. Volgens oom Hennie se navorsing is Hendrik VAN ASWEGEN  te Colesberg gedoop op 8 November 1827.
  • Hendrik se ouers was Isaac Gerhardus VAN ASWEGEN en Hendrina Christina BESTER van Smithfield in die Oranje Vrystaat.
  • Uit Geertruda en Hendrik se huwelik is agt kinders gebore waarvan slegs een volwassenheid sou bereik. Vyf van die oudste kinders is op 30 Mei 1858 saam met hul pa vermoor “op de plaats Kopsfontein op den zuidelijken oever van de Vaalrivier”. Die leier van die moordparty was Botlhasitse, seun van die Bathlaping-kaptein Gasebone.
Terwijl de kaffers rondom den wagen vertoefden, bleef vrouw Van Aswegen op den grond liggen, en hield zich dood stil. Maar toen zij merkte dat de moordenaars vertrokken waren en ze niet meer zag, stond zij op en keek rondom zich en o! wat een schouwspel trof haar oog! ‘t Was een hartverskeurend gezicht! Tranen liepen over de wangen van de zwaar beproefde vrouw, en zij snikte van smart. Hier lag haar man, gewenteld in zijn bloed! Zij riep naar hem, maar hij hoorde niet, en kon niet meer hooren. Zij viel bij hem neer, en raakte hem aan, maar hij was reeds koud geworden.
Daar lagen de kinderen, gruwelijk verminkt en verwond. Sommigen waren reeds gestorven. Van een kwam nog een laatste zucht, als afscheidsgroet. Een ander lag tegen den disselboom van den wagen, nog niet dood. Slechts het jongste klemde zich aan de moeder vast, bevend en bevreesd van wege al het schrikkelijke dat er gebeurd was, en dat het niet begrijpen kon. Wat er bij dat alles in ‘t moederhart omging – dat laat zich niet beschrijven. Denk het u in, indien gij kunt.
Wat stond haar nu te doen? Vluchten, en alles achterlaten? Ja, het was bitter en zwaar, maar het eenige dat zij meende te moeten doen. En dit moest ook zonder verzuim geschieden, want zij wist niet hoe spoedig de wreede Kaffers zouden terugkomen om te rooven, en, indien noodig, het moordwerk voort te zetten en te voltooien.
In allerijl dus nam zij het overgebleven kind in de armen, en wilde heengaan; maar daar hoorde zij een stemmetje dat haar drong door merg en been, “Ma,” riep het gewonde kind dat tegen den disselboom lag, “Ma, wil Ma mij hier laat staan?”
Arme Moeder! Die smeekstem was haar een zwaardsteek in de ziel. Voor ‘t oogenblik was zij radeloos. Haar hart ws in tweeën verdeeld. De bron van moederliefde welde met de krachtigste ontferming op in haar hart. Zij wilde graag bij ‘t uitgeputte kind blijven, en hem in haar armen houden totdat de doodsengel hem kwam verlossen van smart, want zij zag dat zijn toestand hopeloos was, en dat de pols niet veel langer kloppen kon. Maar bij een weinig nadenken, kwam ‘t haar voor de eerste plicht te zijn veiligheid te zoeken voor het gezonde kind. Daar was geen tijd voor lange redeneering. Een ogenblik, en haar besluit was genomen. Met een ontzettende poging scheurde zij zich af van de stervenden knaap, liet nog eens en voor ‘t laatst haar weenend oog gaan over de dierbare dooden daar op den grond, en – ging heen. Waarheen? Leeuwfontein, haar eigenlijke woonplaats, kwam eerst in haar gedachte, en daarheen richtte zij hare schreden.

Die volledige verhaal kan hier gelees word.

1. Geertruyda Elizabeth VAN ASWEGEN, gedoop Burgersdorp 17 Junie 1848, vermoor Kopsfontein 30 Mei 1858
Daar is tans geen doopregisters aanlyn beskikbaar vir Burgersdorp 1848 nie. Die doopdatum hierbo is bekom uit oom Hennie se navorsing.
2. Izak Gerhardus VAN ASWEGEN, gedoop Smithfield 26 November 1848, jonk dood
3. Izak Gerhardus VAN ASWEGEN, gedoop Fauresmith 20 Januarie 1851, vermoor Kopsfontein 30 Mei 1858
4. Thomas Alcock VAN ASWEGEN, gedoop Smithfield 15 Mei 1853, vermoor Kopsfontein 30 Mei 1858
5. Hendrik Andries VAN ASWEGEN, gedoop Smithfield 15 Mei 1853, vermoor Kopsfontein 30 Mei 1858
Thomas en Hendrik was ‘n tweeling.
6. Johannes Christiaan VAN ASWEGEN, gedoop Fauresmith 13 Mei 1855, vermoor Kopsfontein 30 Mei 1858
7. Hendrina Christina VAN ASWEGEN, gedoop Boshof 11 Januarie 1857 – Groenkloof, Ladybrand 16 November 1918
8. Hendrika Andriesina VAN ASWEGEN, gedoop 13 Maart 1859 – Blaauwbank, distrik Jacobsdal 30 Julie 1859

  • Volgens oom Hennie se navorsing is die VAN ASWEGEN-egpaar se testament, gedateer 23 Maart 1857, gefinaliseer op die plaas Leeuwfontein. Plase wat in die inventarislys vermeld word is Leeuwfontein, Zoutpansdrift en Kalkpoort [annex Leeuwfontein zynde een stuk requestgrond] – aldrie op daardie stadium in die distrik Bloemfontein maar tans Christiana.
  • Geertruida Elizabeth moes ‘n paar weke swanger gewees het met Hendrika Andriesina tydens die moord in Mei 1858 op haar man en vyf oudste kinders. Hendrika Andriesina – gebore in Februarie 1859 en vernoem na haar oorlede pa –  het egter nie volwassenheid bereik nie en is in haar eerste lewensjaar oorlede.
  • Die enigste VAN ASWEGEN-kind wat volwassenheid bereik het, was Hendrina Christina. Sy is op 25 Augustus 1873 te Ladybrand getroud met Johannes Jacobus Marthinus BASSON van die plaas Groenkloof, distrik Ladybrand, en is in 1918 op Groenkloof oorlede.
  • Volgens oom Hennie se navorsing is Geertuida Elizabeth FOWLER, haar tweede man, Gert Jacobus VAN DEN HEEVER, haar dogter Hendrina CHRISTINA VAN ASWEGEN asook laasgenoemde se man Jacobus Marthinus BASSON almal op Groenkloof begrawe.
  • P. S. van Heerden, skrywer van die boek oor die Vrystaatse Voortrekkers waaruit hierbo aangehaal is, skryf die volgende in ‘n voetnota oor Hendrina Christina, wat as baba saam met haar ma gevlug het vanaf Kopsfontein:
Dit kind, nu een moeder van kinderen, woont thans in ‘t District Ladybrand, en is van den Heer grootelijks gezegend. Interessant was mij die ontdekking.
  • Op 4 Maart 1859 trou Geertruida Elizabeth FOWLER met Gerhardus Jacobus VAN DEN HEEVER, seun van Christiaan Mauritz VAN DEN HEEVER en Susanna Elizabeth VISAGIE.
  • Ten tye van die huwelik was VAN DEN HEEVER ‘n wewenaar van die plaas Blaauwbank, voorheen getroud met Cornelia Margaretha GILDENHUYS. Volgens oom Hennie se navorsing het VAN DEN HEEVER die plaas Blaauwbank, distrik Fauresmith [Jacobsdal] op 3 Julie 1855 gekoop vir £750/-/- en die titelakte ontvang op 23 November 1855.
  • Uit Geertruida se tweede huwelik is nog twee dogters gebore:

1. Geertruida Elizabeth VAN DEN HEEVER gedoop Fauresmith 30 Julie 1860

2. Johanna Christina VAN DEN HEEVER gedoop Fauresmith 4 Mei 1862 en vermoedelik jonk oorlede aangesien sy nie vermeld word in haar ouers se sterfkenisse nie

  • Gert Jacobus VAN DEN HEEVER is oorlede op 10 Oktober 1880 te Groenkloof, Ladybrand en Geertruida Elizabeth FOWLER 12 jaar daarna, op 22 Januarie 1892.
  • Soos reeds hierbo vermeld is beide van hulle op die plaas Groenkloof begrawe.

BRONNE

  1. Erasmus, H. J. Die Nageslag van Thomas Alcock Fowler. Stellenbosch: Privately published, July 2000.
  2. P.S. van Heerden, Herinneringen uit den tijd der Vrijstaatsche Voortrekkers (Stellenbosch: Pro Ecclesia, 1908), p.33-40. De Moorden aan Vaalrivier
  3. Doopregisters en huweliksregisters van die Nederduits Gereformeerde Kerk, Suid-Afrika,  soos per individuele verwysings hierbo.
  4. Sterfkennisse soos per individuele verwysings hierbo.